Kaalvoet Godin

Kaalvoet Godin

My kaalvoet godin van binne-in
Vandag onthou ek jou van lank gelee
Toe ek en jy nog een was

Jou hare blink al lankal nie
Jou voete skurf
Jou naels tot in die lewe afgeskeur

Maar vandag nooi ek jou om
Saam met my in die poel van lank gelee te gaan bad

Ons le en dryf
Nader
Verder
Tot ons weer
Een
Saam spoel

En onthou
Toe ons eenkeer
Laas keer
Vele volmaande gelee
Ook so gedryf
En een was
Tot die donker monster van diep
Tot in my binneste gespoel het en
Panty afgeskeur
Brandwonde teen my wang

My verwilder het van jou

Ek dink jy was verwar
Gehardloop na waar dit veilig was
En ek…

Het bly le…

Gedryf
Tot aan die rand van vrouwees

Opgestaan
Vergeet van jou

Tot vandag waar ek met
Naakte boepens maag en
Hang tieties
Vele jare later
Voor jou staan en vra
Dat jy my weer met godin water skoonwas
Week my voete in roosmaryn
Smeer my hare met mint tee
Vryf aalwyn aan my
Naels
Dat ek onthou
Dat ek en jy
Weer
Saam is.

-Jeanne Hendriks- 2006

Advertisements